RIA SE DOPPIES
3 koppies koekmeel
3 teelepel bakpoeier
½ koppie suiker
3 eiers
250 g margarien
½ teelepel sout
Vryf margarien in droë bestanddele in.
Klits die eiers goed.
Meng die eiers met die meelmengsel en rol baie dun uit. Maak groot tertdoppe of druk klein doppies af.
Die geheim is om die deeg nie te rek as jy dit in die pannetjies insit nie dan krimp dit terug. Ek laat myne bietjie in pan rus voor ek dit bak.
Bak ongeveer 10 minute op 180 ºC of tot dit droog voel en verkleur
Nota:
Ek kry so 5 dosyn doppies uit 4 koppies melk en melktert pap uit, hang natuurlik af hoe diep jou doppies is… 3 liter melk behoort genoeg te wees vir 200 doppies
Resep en foto Ria Jacobs
Foto: Belinda Derrick Duvenage
Nota van Belinda: 76 Klein muffinpannetjie grootte doppies
Geskuif