KFC POTATO WEDGES
4 teelepel sout
1 teelepel oreganum
1 teelepel knoffelpoeier
2 teelepel uiepoeier
¾ teelepel rooipeper
3 groot aartappels in wiggies gesny
¼ koppie olie
ekstra olie vir diepbraai
1 koppie karringmelk
½ teelepel bakpoeier
½ koppie Maizena
1 ½ koppie koekmeel
Meng die eerste 6 bestanddele saam in ‘n mengbak.
Meng 4 teelepels van die soutmengsel en die ¼ koppie olie saam in ‘n mikrogolf bestande bak en rol die aartappelwiggies in die gegeurde olie.
Mikrogolf die aartappels en olie vir 8 minute. Roer halfpad deur die kooktyd.
Meng die karringmelk en bakpoeier in ‘n bak en die meel en maizena in ‘n 2de bak. Dip die aartappels in die meelmengsel, dan in die melkmengsel en dan weer in die meelmengsel.
Bak die aartappels vir ongeveer 4 – 6 minute in diep olie, dreineer en sprinkel die res van speserysout oor die gaar wiggies. Ek het die wiggies met gewone yogurt en rissiesous bedien.
Resep getoets en foto: Martie Fourie Moolman









Done