HOENDER-TERRIEN op kraakbeskuitjies
400 – 500 g gerookte hoenderborsies
25 ml fyngesnyde sprietuie
½ blikkie ingelegde appelkose
250 g volroom maaskaas of mascarpone
1 – 2 komkommers
Maak die hoenderborsies gaar en sny baie fyn.
Dreineer die appelkose, sny baie fyn en voeg saam met die sprietuie by.
Roer die maaskaas of mascarpone tot dit loperig raak by kamertemperatuur, geur na smaak en vou by die hoendermengsel in. Neem die komkommers en sny in ‘linte’ met groenteskiller.
Plaas die linte langs mekaar op ‘n skoon werkoppervlakte (hulle moet effens oorvleuel waar twee langs mekaar neergelê word); sit so 6 langs mekaar en skep van die vulsel aan die eenkant.
Rol die hoender op in die komkommer om ‘n dik buis te vorm.
Herhaal met die res van die vulsel en komkommer.
Laat goed stol in die yskas vir ‘n paar uur.
Sny in skyfies en bedien op kraakbeskuitjies
Foto en resep: Helene Kluge









Geskuif