HOENDER, SAMPIOEN EN SPINASIE QUICHE
Kors
250 ml nutty wheat high bran flour,
250 ml meel
1 koppie gerasperde kaas
1/4 koppie botter (kan meer byvoeg totdat dit deeg vorm inneem)
Rol uit.
Vulsel
4 hoenderfillette , in stukkies gesny
1 groen peper (green pepper)
1 groot ui
1 pakkie sampioene
halwe bossie spinasie
Braai die uie, groen rissie, en sampioene tot goudbruin, sit spinasie by en laat bietjie deurkook, skep een kant uit in ‘n bakkie
Braai gesnyde hoender stadig in dieselfde pan tot gaar, gooi uiemengsels by, laat bietjie deur kook
Voeg nou
250ml Room gemeng met
1/2 pakkie creamy mushrooms sauce en
1/2 pakkie chicken a la king
Laat deur kook.
Gooi vulsel in tertkors, gooi 2 eiers wat met koppie melk geklits is, oor en bak vir 45 min teen 180°C
Resep en Foto: Nicolene Botha








