

BASIS VIR KORSLOSE QUICHE
Ek maak myne met die vlg basiese goed:
1 koppie room
1 koppie gerasperde cheddar kaas
4 eiers
Smeer ‘n tertbak, grootte van jou keuse.
Meng jou vulsel. Jy kan dan bysit net wat jy wil. Ek hou van spinasie en feta, broccoli en ekstra cheddar, oorskiet maalvleis, enige iets werk. Meng jou vulsel, skep in die pannetjie tot jou pannetjie so driekwart vol is. Meng die room, eiers en kaas, giet oor die vulsel. Kyk dat dit mooi deurloop. Indien verkies, sprinkel nog kaas oor.
Bak by 180º C tot gaar. Rondom 30 min.
Altyd ‘n treffer.
Resep: Celeste Glöss
Foto : Adam Cloete






