

AARBEI-MAASKAASTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
l blik aarbeie
250 g maaskaas
1 blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
1 teelepel vanilla geursel
2 teelepels gelatine opgelos in 62 ml water
250 ml room
Dreineer aarbeie en maak sous deur sap te verhit.
Meng 25 ml suiker en 10 ml maizena met ‘n bietjie van die sap.
Voeg by die sap en kook vir 2 min. Laat afkoel.
Meng maaskaas, kondensmelk suurlemoensap en vanilla by goed tot glad
Smelt gelatine oor kookwater en voeg by, meng deur.
Voeg geklitste room by en meng net deur. Skep die maaskaasmengsel in ‘n voorbereide tertbak.
Versier met aarbeie en giet die afgekoelde stroopmengsel oor.
Plaas in die yskas om te stol.
Resep en foto: Annelise Engelbrecht






