Maak kapokaartappels van 8 aartappels, gooi bietjie melk, sout en peper, botter en halwe K gerasperde cheddar by. Draai intussen 1kg wors in duim grootte porsies en pak in gesmeerde bak.
Gooi 2 blikke gebakte bone in tamatiesous bo-oor. Skep die aartappels bo-op en bak by 180 grade vir 40 minute. Saam n groenslaai n heerlike ete!
Foto en resep geplaas deur Annemarie Roelofse








