Omdat ons ‘n groot gesin is en nie almal van ‘n verskriklike suur tert hou nie, , het ek my resep aangepas. Sit die oond aan op 180grade, sodat dit solank kan warm word.
Jy vat 2 pakkies marie beskuitjies, gooi dit in ‘n plastieksak en slaan dit fyn,
smelt 250ml botter, (verkieslik soutbotter)
Meng die krummels en botter goed saam, druk dit in ‘n oondbak en bak vir 10 tot 15min in die oond.
Skei 10 eiers se witte en geels.
Voeg dan 2 blikke kondensmelk by die eiergele en klits teen ‘n hoe spoed.
Voeg daarby 100 tot 150 mil suurlemoensap by.
Klits als goed saam. Gooi mengsel oor die kors en plaas terug in die oond, die keer teen 160grade, en bak vir 20min. klits die eierwitte styf deur versiersuiker by te voeg, ongeveer so 200gram. plaas dan die styf geklopte eierwit op die res van die tert en bak verder teen 180grade tot eierwit goudbruin is.
BRON: Wilmien van der Merwe








