SPINASIE NESSIES
Nog n broodjie idee wat ek by n pragtige Tannie gekry het vandag! Dankie Tannie Rita Blignaut smile emoticon Het ses snye brood gevat en albei kante gebotter, Het Spinasie gekook met aartappel en toe sout en peper met room en kaas gaar gekook. Dit bo op broodjies geskep en so klein holte gemaak in spinasie en toe n eier in elke broodjie gebreek.
Toe kaas oorgestrooi en 2 eiers met koppie melk geklits en ook bo oor gesit en nou in die oond om te bak. 190 grade totdat eiers gaar is en kaas lekker bruin is. Geniet.
Foto: Ronel Muller Thoma









