250 g maalvleis, gebraai met uie en sampioene (geen sout – peper of knoffel)
500 g spinasie, kook tot sag
Meng:
4 eiers
1 bakkie suurroom
1 bakkie gladde maaskaas
1 pakkie bruinuiesop
½ koppie cheddar
Meng en roer al die vleis en spinasie by. Bak as een hele tert of soos in muffin pan en strooi cheddar bo-op. Bak tot goudbruin. Dit vries heerlik. Jy kan die mengsel ook optooi met green peppers ens. dit is regtig ‘n baie lekker resep.
BRON – Sharon Du Toit
Foto: Cora Naude








