OUVROU-ONDER-DIE KOMBERS OF KOOL FRIKKADELLE
Nuwe resep vir Ouvrou-onder- die kombers wat ek vir aandete gemaak het. Bietjie anders as die gewone. Die resep in Kuier tydskrif gekry. Gaan net rys daarmee saam bedien.
8 koolblare
1 groot ui, gekap
2 huisies knoffel, gekap
4 aartappels, in kwarte gesny
2 wortels, in lengte deurgesny
sout, peper en vargemaalde neutmuskaat
‘n bietjie rooibostee
Frikkadelle:
500 g maalvleis
1 ui, gerasper
2 snye brood, gekrummel
100 ml vars pietersielie, gekap
25 ml tamatiesous
25 ml blatjang
25 ml oats
15 ml mayonaise
2 eiers, geklits
2 ml fyn neutmuskaat
5 ml gemengde kruie
sout en peper
koekmeel
olie
Frikkies:
Meng al die bestanddele (behalwe die meel en olie) en vorm klein balletjies, rol in meel en bak liggies in pan
KOOL:
Blansjeer die kool deur dit te bedek met kookwater. Dreineer die blare en rol ‘n frikkadel in elk toe. Braai ui en knoffel in pan tot ligbruin. Voeg die aartappels en wortels by en prut tot halfgaar. Plaas nou die toegevoude koolblare bo-op die aartappels en wortels in oondvaste bak. Geur met sout peper en gerasperde neutmuskaat. Voeg bietjie rooibostee oor en bedek en bak in oond tot gaar. Ek het ‘n blikkie gekapte tamaties met knypie suiker bo-oor gegooi voor dit oond toe gaan. Net rys daarmee saam gemaak.
Foto en resep geplaas deur Martie Fourie Moolman








