MARTIE SE WARM BEESTONG
Ek het nie ‘n resep nie. Die souttong in die elektriese stoompot gekook met net half k water, lourierblare en peperkorrels vir so driekwart uur, Die vel afgetrek terwyl nog warm en die kliere uitgesny en in dik skywe gesny terwyl nog warm, Aartappels in die selfde sous in die pot met die sous gesit en vir so 7 min gestoom. Die aartappels uitgehaal en bisto by die sous gegooi en deurgekook. Die tong skywe en aartappels terug geplaas en net deurgeroer en opgeskep. Basmati rys en mosterdsousie van mayo en engelse mosterd.
Resep en foto” Martie Fourie Moolman








