VERSIERSEL IDEES
Geplaas deur Melanie Kruger
FOOD LOVERS RECIPES
CHOCOLATE GANACHE
Gebruik 250 ml room en 250 g sjokolade saam gesmelt.
KITSPOEDING VERSIERSEL
80 g botter
1 pak 500g versiersuiker
1 pakkie kitspoeding (enige geur)
125ml melk
Verroom die botter. Sif die versiersuiker en kitspoeding saam. Voeg die melk by en klop tot glad. Laat min of twee staan om stywer te word voor gebruik.
ORLEY WHIP VERSIERSEL
Neem ‘n pakkie of 2 orley whip, klits styf, en klits biekie karamel by, dis heerlik en kan op wit of choc koek of kolwyntjies gebruik.
SJOKOLADE KITSPOEDING VERSIERSEL
Maak sjokolade instant pudding met net 2/3 melk aan. Smeer op sjokoladekoek. Maak in houer toe en laat staan tot 2 ure. Maak koek lekker klam, maar nie nat nie. Baie lekker. Kan ook met vanilla of custard pudding gedoen word.
BAR-ONE VERSIERSEL
240 g Bar-One sjokolade
80 ml room
Sny die sjokolade in stukkies en plaas dit in ´n glasbak saam met die room. Verhit dit oor ´n kastrol met kookwater tot dit smelt. Roer nou en dan. Koel af en smeer oor koek.
BOTTER VERSIERSEL
100 g sagte botter wooden spoon
500 ml versiersuiker
5 ml vanilla geursel
Indien nodig druppel melk
Klits botter en suiker saam, tot romerig voeg geursel by en meng. Moenie te veel meng anders word dit loperig. Ek sit so druppel pienk kleursel by my icing. Hy maak n mooi icing vir n icing tube. Mooi patrone. Flop vry en maklik te maak.
BOTTER VERSIERSEL
100 g sagte, kamertemperatuur botter
500 ml versiersuiker
Klits tot smeerbaar
Sit 5 ml karamel geursel by en 10 ml melk meng tot smeerbaar en versier.
Dis ‘n baie lekker versiersel gebruik hom op my koeke en cupcakes vir bestellings. Ek gebruik stork bake of regte egte botter. As wil sjokolade versiersel maak voeg 60 ml kakao by.
KITSPOEDING VERSIERSEL
250ml room
250ml strooisuiker
pakkie sjokolade kitspoeding
Klits alles saam tot ferm.
SHOKOLADE KITSPOEDING VERSIERSEL
1 Pakkie Chocolate kitspoeding gemeng met 250 ml melk. Klits vir 1min saam en sit in die yskas. Klits 500 ml room styf tot dit punte vorm. Meng nou die poeding lepel vir lepel met die room. Gebruik op die koek soos benodig.
ROOMKAAS VERSIERSEL
Boksie orley wip
bakkie roomkaas
500 g versiersuiker
125 ml kakao
Klop alles saam tot lekker styf.
BAR-ONE VERSIERSEL OF VULSEL
1 pakkie karamel kitspoeding
1 blikkie karamel kondensmelk
250ml melk
250ml varsroom
3x60gr Bar-one-sjokolade
Kits melk en kitspoeding saam vir 2min. Roer kondensmelk tot glad en voeg by kitspoeding. Klits room styf en roer by kitspoeding mengsel. Rasper 2 bar-ones op di growwe kant en roer by.
Sny koeke in helfde smeer vulsel op elke laag, plaas koeklae opmekaar, smeer laaste vulsel bo-op, sny of rasper laaste bar-one sjokolade bo-op. Of smeer cupcakes met vulsel en strooi gerasperde bar-one bo-op.
KARAMELKONDENSMELK VERSIERSEL
1 houertjie room styf geklits
1 blik karamel
60 ml kakao
Meng en versier. Jul sal nooit weer iets anders gebruik nie!
IETS ANDERS
En as jy dit extra lekker wil maak druk rolo sjokolade sweets oral in koek in en bak dit dan. Of druk 1 rolo in middel van cupcake en bak dan. Dis nou met enige van bogenoemde icings.







