BULLY BEEF RESEPTE
Braai bullybeef twee blikke met 2 uie voeg peper, worchestersous. bake beans en chutney by.
Kook spaghetti soos op pakkie aangedui.
Maak witsous, meng alles plaas in glasbak met bietjie gerasperde cheddar kaas bo-oor.
Heerlik
Vat ‘n pak gevriesde deeg rol bietjie uit en sit in glasbak.
Smeer tamatie puree op deeg. Braai 2 uie, 2 blikkies boelie beef.
Voeg peper en chutney na smaak.(Jy kan sampioee en green pepper ook opsioneel bysit._
Meng koppie gerasperde cheddar kaas by boelie beef en plaas op deeg.
Jy kan hom oop bak teen 180ºC of repies rou deeg bo op sit.
Heerlik saam ‘n slaaitjie
MACARONI EN KAAS EN BOELIEBIEF GEBAK:
500 g macaroni (1 pak)
2 groot uie, geskil en gekap
3 eetlepels hoogvol koekmeel
2 koppies melk
2 groot tamaties, geskil/en gekap
300-g-blik soutbeesvleis, losgebreek
2 eetlepels vars pietersielie, gekap
4 eetlepels sterk blatjang
2 teelepels gemengde, groen, droë kruie
sout en peper na smaak
1 koppie gerasperde cheddarkaas
Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter tot gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in ‘n oondvaste bak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Die resep lewer sowat ses tot agt porsies.
Ek braai uie, gooi bully beef in saam met 1blikkie tamatie en uie
Kook bietjiedeur en sit sout en peper na smaak by.
Meng 1 blikkie baked beans in… Op brood… Ons noem dit cowboy special.. Hahahaha, dis baie lekker.
Bully Beef poffertjies
1 blikkie bully beef
2 koppies meel
1/2 kop water of melk
2 eiers
2 teelepel bakpoeier
Knippie sout
Peper/geurmiddels na smaak
Druk Bully Beef goed fyn. Gooi in bak. Sif meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng goed deur. Gooi eiers een vir een by en meng goed. Gooi water/melk by en meng goed. Bak lepelsvol in olie tot gaar en goud bruin.
Geplaas deur Corinne Moore Gelderblom








