

BILTONGSLAAI MET PERE
Hierdie slaai het ek n paar jaar gelede aanmekaar geflans, en sedertdien maak ek dit gereeld.
Derde van n lekker vars blaarslaai in stukke gebreek
1 Groot peer of twee kleiner pere, afgeskil en in lang skywe gesny – gooi n bietjie suurlemoensap oor dan word dit nie bruin nie.
1 Pakkie aarbeie in skywe gesny
Feta kaas, groterige krummels
Fyn gekerfde biltong
Slaaisous
Ek meng sommer bietjie heuning, olyfolie, suurlemoensap en n paar druppels balsamiese asyn saam en gooi dit oor net voor ete. Die pere en biltong saam is ‘n heerlike kombinasie.
Geniet!
Resep en foto: Christine Louw Boalch






