1 kg skoongemaakte lewertjies
250 ml room
1 groot ui, fyn gesny
2 tamaties, geskil en gerasper
2 teelepels crushed garlic
gemengde speserye, sout en peper, na smaak
1 botteltjie Nando’s Peri Peri sauce (ons het Medium gekies, maar hulle ander souse is ook baie lekker)
Marineer die lewertjies al van die oggend af in die peri peri sous.
Braai die ui tot ligbruin, voeg dan die garlic en gerasperde tamatie by.
Haal die lewertjies uit die sous en plaas in die pan en braai tot dit amper gaar is.
Voeg die res van die peri peri sous by en laat bietjie prit vir 2 minute.
Voeg dan die room by en kook vir nog so 10 minute tot room verdik.
Bedien met roosterbrood of panini’s of sommer net gewone brood.
Foto en resep: Benicia Mattheus
geskuif