
APPELKOOS FUDGE MENGSEL
1 pakkie beskuitjies, gekrummel
½ koppie fyngesnyde appelkose
Plaas die bestanddele in ‘n mooi flessie en gee dit as geskenk.
Voeg ‘n kaartjie by wat lees:
Voeg ½ blikkie kondensmelk en 125 g botter by die inhoud en meng goed deur. Druk die deeg in ‘n pannetjie, sny in blokkies en geniet.
Dis heerlik, het so iets gekry vir kersfees. Ons het dit in ‘n flessie gekry, gemerk “In case of Emergency”.
Ek reken mens kan enige vrugte byvoeg, selfs bietjie neute. Eksperimenteer.
Ek weet dit werk maklik en is heerlik. Die deeg pas perfek in ‘n fudge pannetjie.
Idee: Anita Fletcher







Done