WAFELS IN DIE SNACKWICH
Ek was nuuskierig gewees. Toe het ek bietjie ge-eksperimenteer.
2 eiers
½ teelepel sout
1¾ koppie melk
4 eetlepels gesmelte botter
2 eetlepels suiker
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
Sif al die droë bestanddele saam. Klits eiergele en voeg by melk en meng. Voeg die melkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Voeg gesmelte botter by en meng goed.
Klits eierwitte styf en vou liggies by die mengsel in. Nou kan jy begin bak. Bedien saam met roomys en/of stroop.
Ek het 7 wafels uit gekry.
Bron: Cornelia Bosman Walkinshaw
Done