WIANDRA SE MODDERKOEKIES
2 koppies suiker
1 koppie botter
½ koppie melk
½ koppie kakao
Smelt alles saam eers op lae hitte tot die botter en suiker opgelos is ( ek wag tot die botter opgelos is)
10 ml vanilla geursel
2 koppies klapper
2 koppies oats
Sit die hitte hoër as dit begin kook, wag ongeveer 5 min, dan haal jy dit van die hitte af en voeg die vanilla geursel by dit gaan borrel so wees versigtig. Voeg die klapper en oats by (meng hulle net saam voor die tyd) en skep dan lepels vol op ‘n voorbereide pan of op bakpapier en laat stol.
Ek time myne glad nie ek ruik dit. As dit reg ruik haal ek dit af.
Resep en foto: Wiandra Nel








