PRAWNS IN ROOMSOUS
Vir die dermpie wat in die prawn is. Sny net bo op rug kant oop en trek hom uit. Hierdie prawns kom van Mozambique af hulle is lekker groot en derm word maklik gesien.
Marineer die prawns in Ina Parman se Perry perry sous en suurlemoen sap met vars coriander. Verhit botter en bietjie olie in die pan en gooi prawns in maak toe met deksel om te stoom. Sodra prawns gaar is gooi bietjie vars room by om sous lekker dik te maak. Bedien in sous met vars coriander en suurlemoen skyf.
Geplaas deur Yolandi Moolman








