

OUMA SANKIE SE GESTOLDE APPELRING
4 rooiskil appels, gerasper
1 eier, geklits
1 blik fyn pynappel
250 ml geklitste Orley Whip of vars room
1½ pak groen jellie
100 ml kookwater
100 g fyn pekanneut
Warm die pynappel op in ‘n mikrogolfoond, koel af en meng met die geklitste eier.
Los die jellie op in die kookwater.
Meng nou alles goed saam en gooi in ring.
Stol oornag, heerlik!
APPEL STOL SLAAI
380 g fyn pynappel
1 ½ pak lemmetjie jellie
1 koppie kookwater
2 koppies rooiskil appels, gerasper met skil
125 ml neute (okkerneute/walnuts)
2 eiers, geklits
350 ml room
Maak die jellie aan met die kookwater, laat afkoel, nie stol nie.
Kook pynappel in stroop vir 5 minute en laat afkoel.
Voeg eiers stadig by.
Roer aanhoudend tot dik word.
Gooi nou afgekoelde jellie by.
Laat weer afkoel maar nie stol nie.
Klop room styf en meng met die res van die bestanddele.
Gooi in vorm en verkoel.
Geniet hierdie slaai, dit is heerlik in die warm maande.
Foto en resep: Andre Beth Howell Vogel
Rina Kleinhans: Pynappel is geneig om te keer dat ‘n gereg stol, en wanneer mens dit opwarm en weer afkoel help dit om seker te maak dat jou gereg stol, dit breek die chemiese reaksie wat die pynappel het.







geskuif