Sny botter in blokkies.
Sif meel en voeg botter by en meng effens deur . Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by.
Maak aan tot ‘n deeg. Bedek met kleefplastiek. Laat rus in yskas vir 30 minute.
Begin die deeg in een rigting op ‘n meelbestrooide oppervlak uitrol.
Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af.
Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is. Laat die deeg na elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly.
Foto: Marié Fourie
Het nog sodawater deeg in yskas gehad en besluit om appeltert te bak met die deeg. Twee blikkies appel stukke gebruik en gemeng met bietjie suiker en kaneel.
One thought on “MAKLIKE SKILFERKORSDEEG MET SODAWATER”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif