Kors:
Meng die gesmelte botter or margarine met die fyngemaakte beskuitjiekrummels en druk dit vas onder in ‘n ronde losboomkoekpan. Plaas die koekpan binne-in ‘n groter koekpannetjie. Dit is om te verhoed dat die botter dalk uitdrup in jou oond en brand.
Klits die eiers en suiker saam tot sponsagtig dik. Voeg die suurlemoensap en skil by, terwyl jy klits. Voeg dan die maaskaas en room by, meng goed, voeg die meel by en meng deur.
Meng deeglik. Plaas die vulsel in die koekpan en bak vir 10 minute op 180°C.
Verlaag die temperatuur na 140°C en bak nog ‘n uur. Laat die kaaskoek in
die oond afkoel tot koud en plaas dan in die yskas. Bedien saam met bessies
indien verkies.
Nota: Dit is standaard prosedure met die meeste kaaskoeke se bakproses. As jy dit bv. op 180ºC heeltyd sal bak sal dit heeltemal oorstoot en uit die koekpan bak. Daar is 4 groot eiers in wat dit baie sal laat rys. Die kaaskoek tekstuur is ook delikaat en dit het beslis die 140ºC vir ‘n uur nodig om baie stadig te bak. Jy dwing dit dus om NIE te rys nie. Die staantyd is ook baie belangrik. En dan nog die oornag staan in die yskas. Eers dan kan jy jou kaaskoek geniet (soos ek nou vir brekfis gemaak het)
Louise Groenewald – I only use Creamed Cottage Cheese when I bake cheese cake. Recipe to follow. I’ve made this cheese cake a hundred times in my life and it’s always delicious. I will tell you this secret though…. empty your creamed cottage cheese in a sieve and leave it for a couple of hours. You will be surprised about the amount of whey that still drains out. To me that makes the difference.
NOTA: om te voorkom dat die kaaskoek bo-op kraak, kan jy dit in ‘n waterbad bak… dan bak hy baie egalig.
Nota: Benhet Niewenhuis
Ek het net bo op aarbeie gesit!! 60 ml water en 60 ml suiker en 400 g aarbeie lekker saam gekook en gemash! ! Toe bietjie gelatine aangemaak en by gemeng!!
Niemand kon genoeg kry nie!!! Was heerlik!! Het baie komplimente gekry!!! Hoe sê hulle hierdie is ‘n restaurant koek!!!!










Benhet Niewenhuis
Ek het net bo op aarbeie gegooi!! 60ml water en 60ml suiker en 400g aarbeie lekker saam gekoop en gemash! ! Toe bietjie gelatine aangemaak en by gemeng!!
Niemand kon genoeg kry nie!!! Was heerlik!! Het baie komplimente gekry!!! Hoe sê hulle hierdie is n restaurant koek!!!!