Stroop:
875 ml suiker
450 ml water
50 ml botter / margarine
75 ml kakao
5 ml vanieljegeursel
Klapper om in te rol.
Koek:
Voorverhit die oond tot 180̊ C.
Klop eiergele tot lig.
Voeg suiker by.
Voeg water by.
Meng droë bestanddele by.
Klits eierwitte tot droog.
Voeg laaste die styfgeklopte eierwitte by deur dit in te vou met ‘n metaal lepel
Gooi in oondpan.
Bak vir ± 25minute.
Sny die koek in 3 cm blokkies wanneer heeltemal afgekoel is.
Stroop:
Verhit al die bestanddele vir die stroop buiten die geursel saam tot kookpunt
in ‘n diep kastrolletjie.
Haal dit van die stoof af sodra dit kook en roer die geursel by.
Doop klein blokkies vining in die stroop en rol hulle dan in die klapper tot
goed bedek. Die blokkies moenie met stroop deurtrek wees nie. Wat ek gewoonlik
doen is ek doop die blokkies terwyl ek hul met ‘n braai tang vas hou en sit hul
dan net in n leë bord sodat die oortollige stroop af loop.
Die is my ma se resep van die verskillende plekke wat sy saam gesit het. Die koek het sy by ‘n tannie gekry en stroop uit ‘n ou Huisgenoot.
Geplaas deur Eugene Palmer
Foto: Steyn Elaine
Mense, hy is heerlik. Jul kan dit gerus maak! Die idee van die braaitang om dit te doop en dan eers die meeste stroop te laat afloop op ‘n bord werk soos ‘n bom.
Geskuif
Resep geskuif na nuwe blog op 31 Oktober 2021.
Elizabeth Van Der Westhuizen
Om n perfekte lagie choc stroop te verkry plaas hele ongesnyde koek in vrieskas.Werk dan klein hoeveelhede soos jy afsny en hou res gevries.Die klaar stukkies kan weer gevries word as verkies.Dit ontdooi vinnig as nodig en perfek.