Voorverhit oond: 180ºC. Smeer twee middelslag panne.
Sif droog bestandele saam en vryf botter in tot meel soos krummels lyk.
Klits eiers en karringmelk saam, gooi by en meng tot ‘n sagte deeg.
Voeg nog karringmelk by indien nodig.
Rol bolleties en pak in panne. Smeer hande met olie elke keer as jy bolletjie rol, dan breek dit mooi oop.
Bak 30 minute lank, verlaag temperatuur tot 150ºC en bak nog 30 minute lank.
Keer uit, laat afkoel en breek in stukke.
Droog uit.
Ek het die sommer 2.5 keer aangemaak en dikmelk gebruik, ek het nog bietjie melk bygegooi want die deeg was bietjie droog.
Resep: Wenresepte 1
Foto: Annelore Von Solms Joubert en Marika Tegmann









