


SKON-TIPE PIZZA DEEG
Kors:
1 koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
1 eier
25 ml botter
sout na smaak
en 125 ml melk
Meng goed en smeer pan wat met nie kleefwerende spuitmiddel gespuit is, dun met die deeg. Ek het dit bietjie te dik gesmeer.
Vulsel:
Ek het die maalvleis met ‘n uitjie gebraai, met sout en peper. Toe gooi ek tamatie pasta by en +- 3 eetlepels mayonnaise. Dit bo-op deeg gesit met lekker kaas en dit vir 20 min gebak in oond by 180ºC
Resep en 1ste foto: Elizabeth Haupt
2de foto: Nota: Frances Smith
Het vanaand bogenoemde deeg resep dubbel aangemaak en het heerlik uitgekom ☺️
Die vulsel was alles geskat, maar het die volgende bestanddele gebruik:
Tamatie paste
Knoffel
Italian herb Speserye
Maalvleis – gebraai
Greenpeper
Cocktail tamaties
Pynappel
Ham
Salami
Spek blokkies – gebraai
Olywe
Sampioene
Kaas






