PRAWNS A LA MARIE OP RYS
Vat so 1 1/2 pakke prawns en kyk dat die stringetjie heeltemal verwyder is.
Kook solank die rys.
Gooi olyf olie met n lekker stuk garlic botter in pan. (Olie keer dat botter brand).
Gooi 2 groot gekapte uie in die pan met so paar rooi peppadews fyn gesnipper by as olie warm is.
Rasper so 3 groot knoffel huisies by die mengsel.
Sprinkel sout en swart peper oor en so 2 teelepels kerrie poeier. (Kerrie vir smaak en nie kerrie vir brand nie).
As reg is gooi in bakkie en hou eenkant.
Gooi nou weer bietjie olie en botter in pan.
Sit prawns in. Oppas hy trek water.
As te veel vloestof, gooi dit af en gooi weer bietjie olyf olie by sodat prawns braai en nie kook nie.
As prawns amper gaar is druk n vars suurlemoen se sap oor dit en roer deur.
Gooi dan die uie mengsel by prawns.
Ek gooi ook sweet chillie sous oor en roer deur.
Die prawns vat so 10min afhangende van pan grote.
Gooi jou prawns op jou rys.
Die botter en olyfmengsel is genoeg vir sousie oor rys.
Enjoy!!








