Braai die ui in olie en botter tot deurskynend en skep uit.
Sny lewer in skywe (nadat dit skoongemaak is).
Meng meel, sout, peper en gemengde kruie in ‘n plastieksak, gooi lewer daarin en maak seker elke stukkie is goed bedek met meel, Braai dit nou in botter/olie in selfde pan vinnig beide kante.Skep uie terug met lewer, gooi nou die aangemaakte Bisto, tamatiesous en Worchesterchiresous by lewer en uie.
Laat prut vir 15 min, verdik met Maizena indien nodig, proe en pas aan na smaak.
Bedien met mash en slaaie.
Resep: Pieter Coetzee
Foto: Benhet Nieuwenhuis