


PIESANG EN KLAPPERPOEDING
100 g botter
180 ml ligte bruinsuiker
3-4 piesangs
skeut suurlemoensap
bolaag
250 ml koekmeel
125 ml klapper
10 ml bakpoeier
80 ml suiker
knypie sout
60 g botter
1 eier
180 ml melk
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smelt botter en suiker saam in ‘n pan en giet die mengsel in ‘n oondbak. Skil piesangs en sny in lang repe. Pak bo-oor botter en suikermengsel en druk ‘n bietjie vars suurloemoensap daaroor uit.
Vir die bolaag.
Meng die droë bestandsele en vryf die botter in. Meng eier en melk, voeg by die droë bestanddele en giet versigtig oor die piesangs.
Bak 35-45 min tot ligbruin. Sit louwarm of teen kamer temperatuur voor saam met roomys of vla.
Ek het myne in my koek pan gemaak en die pan net met foelie uit gevoer en toe het ek dat dit afkoel en dit toe om gekeer!
Werk net vinnig na die suiker in die pan is anders sak die piesangs nie lekker in nie!
(bron onbekend)
Foto: Rudi Basson en Benhet Nieuwenhuis






