PEPPERMINT FUDGE
37,5 ml botter
500 ml suiker
1 blik kondensmelk
1 peppermint sjokolade (n slab)
Metode
Plaas botter en suiker in n glasbak en mikrogolf 2 min lank by 100/ krag en roer goed.
Voeg die kondensmelk by en meng baie goed mikrogolf 10-11 minute lank by 100/ krag.
Roer gereeld tydens die eerste helfte van die kook proses sodat die suiker heeltemal opgelos is voordat die mengsel begin kook, anders sal dit sandsuiker raak vee ook al die suikerkristalle van die kant af met n kwassie.
Roer daarna om te keer dat die mengsel oorkook.
Verwyder uit die oond en laat effens afkoel.
Rasper nou die sjokolade by en klop baie goed met n houtlepel totdat die mengsel dik en romerig is.
Giet uit in n gesmeerde bakplaat en laat omtrent heeltemal afkoel.
Sny dan in ewe groot blokkies.
Geplaas deur Corrie Joubert
Foto: Rita Claassen








