200 g rooi glanskersies – afgespoel en in kwarte gesny (340 ml)
25 ml brandewyn
10 ml kakao
10 ml kitskoffiepoeier
500 ml kookwater
1 kg droëvrugte koekmengsel (1 700 ml)
7 ml koeksoda
125 g margarien
300 g suiker (375 ml)
3 groot eiers – geklits
360 g koekmeel (750 ml)
7 ml bakpoeier
1 ml sout
5 ml gemengde speserye
5 ml fyn gemmer
25 ml brandewyn
Stel oond op 140 * C. (275 * F)
Marineer kersies in brandewyn.
Los kakao en koffiepoeier in kookwater op en voeg by koekmengsel, koeksoda en suiker in ‘n kastrol.
Verhit en kook vir 5 minute.
Verwyder van hitte, voeg margarien en gemarineerde kersiekwarte tesame met brandewynsous by.
Laat mengsel goed afkoel.
Smeer ‘n ronde vrugtekoekpan van sowat 23 cm in deursnit goed.
Draai sowat 12 lae bruinpapier rondom die pan en gebruik sowat 20 lae bruinpapier om onder die pan te sit tydens
die bak periode.
Maak ‘n deksel van aluminiumfoelie, blink kant na buite, om op te sit tydens bakproses.
Voeg geklitste eiers by die vrugtemengsel.
Sif koekmeelblom, bakpoeier, sout, gemengde speserye en gemmer saam en voeg dit stadig by vrugtemengsel terwyl dit goed geroer word.
Skep beslag in gesmeerde pan en bak in ‘n voorverhitte oond vir ongeveer 4½ uur of totdat toetspen skoon uitkom.
Koel die koek af in die pan en gooi 25 ml brandewyn oor.
Verwyder uit die pan wanneer dit heeltemal afgekoel het.
Verseël koek dig met dik aluminiumfoelie en bêre vir sowat ‘n week voordat dit gesny word.
Om die koek se klammigheid te bewaar, gooi elke week ‘n sopie brandewyn oor die onderkant en bokant van die koek.
NS: Ek het die volgende ekstra bygesit saam met die bestandele hierbo.
200 g groen kersies
100 g pekanneute – uit die dop uit en in stukke gekap
125 g gemmer – in stukkies opgesny
1½ koppies dadels – in stukke gesny.
In my gasoond het dit presies 4½ ure gebak by net onder 150 * C en dit was gaar.
Elsabie Templeton
Ek bak die muffin pannetjies & klein brood pannetjies so tussen 25-35min in my gas oond. Ek sal voorstel dat jy dit toets na 25min en bak tot jy kan voel as jy bo-op druk met vinger dat dit stewig is. Ek sit nie foelie op hierdie nie, net die panne wat lank bak.
Elsabie Templeton – Ek het in losboom panne gebak.
Ek bak 3 panne op ‘n slag want my gas oond is 90cm breed.
Ek het bakpapier gesny en ingesit maar net onder, so 4 velletjies en die holtes goed gespuit. Ek het op my groot bak plaat bruin karton gesit met die pannetjies bo-op en dit so gebak. Ek doen my groot ronde panne op dieselfde manier. Bakpapier binne (so 5 lae) en dan sit ek dit ook op die karton neer in groot bakplaat en bind riffelkarton om die buitekante vas met dun tou. Maak dubbel laag foelie deksels vir elke pan en sit dit net die laaste uur bo-op.
Dis beslis die beste resep wat ek nog probeer het, al die harde werk en duur bestandele die moeite werd!
Foto en resep gepos deur Elsabie Templeton










Elsabie Templeton
Admin: today I baked them at 140°C for 40 mins then at 150°C for another 40 minutes. I was concerned that they might get that bitter taste when baking with lots of sugar at too high heat.