MAYONNAISE DOPPIES
150 ml mayonnaise
3 dessertlepels water
2 koppie koekmeel
1 ml sout
Klits die mayonnaise en water tot gemeng.
Voeg meel en sout by en meng goed tot ‘n stywe deeg.
Bedek en laat ‘n rukkie rus.
Rol deeg dun uit, druk sirkels uit en voer doppiepanne daarmee.
Bak ongeveer 12 min by 200 ºC
Lewer nagenoeg 3 dosyn.
Resep: Felicity Serfontein








