LEWER 1 LT
Die lekkerste v d sous wat in die mikrogolfoond gemaak word, is dat jou hande vry is terwyl jy dit kookl Dit kan op die stoof gemaak word, maar jy sal voordurend moet roer!!
100gr. Margarine of botter
1 koppie koekmeel
1 lt. melk
1 ½ teel. Sout
Knippie peper
METODE:-
1. Sit die margarine of botter in ‘n groot bak en mikrogolf op hoog vir 2 minute tot gesmelt;
2. Voeg die meel by en meng tot ‘n pasta vorm;
3. Sit die bak terug in die mikrogolfoond en kook vir nog 2 minute op hoog om die vette af te breek;
4. Roer die melk by Mikrogolf vir 6 minute en roer elke minuut of wat tot dit dik en glad is (NS. MYNE VAT LANGER) jy sal sien wanneer dit dik en reg is!!
5. Geur met sout en peper en roer goed voor jy dit gebruik
VIR KAASSOUS:- BEREI die resep soos hierbo , maar voeg 2 koppies gerasperde kaas teen die einde byl roer tot die kaas gesemelt het en die sous glad is!!!
VRIESPERIODE:
WITSOUS 3 MAANDE KAASSOUS 3 MAANDE
UIT:- KOOK V D VRIESKAS *Julia Orbe PUIK BOEK
Foto: fatdormouse.