125 ml margarien
300 ml suiker
2 eiers
2 x 250 ml meel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
5 fyngedrukte piesangs
2,5 ml vanilla
Room botter en suiker. Klits eiers een vir een by. Voeg die gesifte droë bestanddele by. Meng die piesangs en vanilla by. Bak +- 1 uur by 180 C. Koel af.
(ek het dit uur en 20min in oond gehad, en 4piesangs gevat.)
Wenk : Jy kan dit vries vir tot 3 maande deur lugdig te verpak. Jy kan dit verwarm na ontdooing by 15 minute by 120 – 150 C
Resep en foto: Lynette van Zyl
2DE FOTO: Foto: Mariska Louw