LEMOENPATATS
1 kg Patats (hoeveelheid vlgs.getal mense.)
200 g Bruin suiker
100 g Botter
Lemoen (ne)
Fyn kaneel
Sout na smaak
In n pot- Maak n karamelsous van die suiker en botter tot goudbruin.
Strooi bietjie fyn kaneel oor en braai effens.
Druk van die lemoen sap in die karamel sous uit.
Voeg skywe patats by en gooi bietjie kaneel oor.
Rangskik lemoen skywe bo- op en kook oor stadige hitte tot sag. Moenie roer nie., gee net die pot so nou en dan ‘n skud dat niks vasbrand nie.
Dit moet stroperig wees.
Bedien as bykos of selfs nagereg saam met vla.
Foto Pam Saal








