KORSLOSE QUICHE MET BROCCOLI
15 ml olyfolie
2 rooi-uie, gesny/
sampioene na jou smaak(hoeveelheid)
250 g broccoli
5 ml gedroogde tiemie
30 ml meel
2 groot eiers
125 ml crème fraîche of suurroom
100 g gouda, gerasper
groenslaai om voor te sit
Verhit die olie in ‘n groot pan en soteer uie. Voeg die sampioene en tiemie by. Braai dit vir drie minute en voeg dan die meel by. Roer dit goed. Voeg ongekookte broccoli by
Klop die eiers, crème fraîche en kaas saam in ‘n bakkie. Meng dit met die sampioenmengsel en gooi dit in ‘n gesmeerde 22 cm-tertpan. Bak dit vir 20 minute of tot gaar en goudbruin. Sit voor met ‘n groen slaai.
Resep: Amanda Conradie








