
KERRIEAFVALPOTJIE
1 skaapkop, oopgekap en harsings uitgeskep
1 skaappens, skoongekrap
1 skaaptongetjie, ontvel
4 skaappootjies
1 skaapnek, in skywe gesny
2 – 3 heel uie
sout en peper
125 ml suiker (verkieslik bruin)
45 ml kerriepoeiermengsel (van goeie gehalte)
1 knoffelhuisie, fyngedruk
stampmielies/rys
sonneblomolie
250 g droë appelkose
500 ml “Old Brown Sherry”
10 ml bruin asyn
8 – 10 klein in die skil aartappels
gebruik ‘n #3 pot
Soteer uie tot deurskynend bruin , soteer tot deurskynend.
Bind uitgeskepte harsings in “kleinpensie “toe maar voeg genoegsame sout by.
Plaas die “sakkie”in die pot tesame met die kop , pens en pootjies.
Rangskik die nekskywe, uie, knoffel en appelkose bo-op die vorige laag.
Meng die kerriepoeier, suiker, asyn, knoffel, sout en peper met die sjerrie en giet bo-oor.
Laat prut die pot vir ± 4 ure tot vleis sag is en bedien saam met stampmielies of geelrys.
Moet nie vergeet om die aartappels na ± 3 ure in te sit om sag te kook nie.






