

HEILA SE MELKTERT
Deeg:
150 g botter (saggemaak) kamertempretuur )
90 ml ( 6 eetlepels) strooisuiker
2 eiers
500 ml (2 koppies) koekmeel
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
‘n knippie sout
Vulsel:
50 g koekmeel
50 g mielieblom
‘n Knippie sout
750 ml. (3 koppies) melk
60 g botter
1 blikkie (385 g) kondensmelk
5 ml vanielje
3 eiers, goed geklits
60 ml (1/4 koppie )strooisuiker
Versiersuiker en fyn kaneel om oor te stuif.
DEEG.
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer twee springveerkoekpanne met ‘n deursnee van 20 cm. Room botter en strooisuiker saam tot lig van kleur en donsig. Voeg eiers een op ‘n slag , by en klits goed na elke byvoeging. Sif droë bestanddele daarby en roer tot ‘n sagte deeg vorm. Verdeel deeg in twee stukke. Stuif meel liggies oor ‘n skoon werkoppervlak en rol elk van die stukke deeg daarop uit totdat elkeen groot genoeg is om die boom en kante van een van die bereide koekpanne te voer. Pruk deeg met ‘n vurk en blindbak dit vir 20 minute. Plaas eenkant. Hou oond aan.
VULSEL.
Meng koekmeel , mielieblom en sout saam in ‘n mengbak. Voeg 125 ml (1/2 koppie) van melk by en maak ‘n pasta. Verhit orige melk oor lae hitte totdat dit kook. Voeg meelpasta geleidelikby kokende melk en roer met sterk hale deur tot dit verdik. Haal van die stoofplaat af , voeg die botter by , en meng deur tot dit gesmelt het. Voeg kondensmelk en vanielje by. Klits eiers saam met die strooisuiker, voeg die melkmengsel by en roer n minuut lank met sterk hale. Verdeel die vulsel gelykop tussen die tertdoppe. Bak vir 30 – 40 minute , of tot gestol en goudbruin. Laat dit afkoel en plaas dit dan in die yskas tot nodig. Stuif versiersuiker oor en sprinkel daarna die kaneel ruimskoots oor. Sit voor. En Geniet die tert julle.
Resep: Heila De Bruin






