GEURIGE THAI FRIKKIES MET GRONDBOONSOUS
500 g gemaalde beesvleis (Kan mengsel van vark en bees gebruik)
1 eetlepel gekapte vars knoffel
1 stuk suurlemoengras, baie fyn gekap
4 sprietuie, fyn gekap
1 eetlepel fyngekapte vars koljander blare
2 eetlepels rooi kerrie pasta (koop by supermark)
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel vissous
1 eier
2 eetlepels meel
1 eetlepel suiker
olie vir vlakbraai
Meng al die bestanddele goed. Maak klein frikkies en vlakbraai in olie. Dreineer en bedien met Basmati rys en grondboonsous.
GRONDBOONSOUS:
1 eetlepel olie
1 eetlepel rooi kerriepasta
2 eetlepels growwe grondboontjie botter
1 eetlepel palm suiker (of bruin suiker)
1 eetlepel suurlemoensap
250 ml klappermelk
Verhit olie in pan en braai kerriepasta vir 1 min. Gooi res van bestanddele by en bring tot kookpunt. Kook stadig vir so 5 min tot dik.
Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman
Foto: Martie Fourie Moolman








