GEPEKELDE KAPPERTJIESAAD
Baie noem dit die arm man se capers.
250 g kappertjiessade
40 g sout
1 k water
0.5 g dragon
1 k witwynasyn (ongeveer)
Bedek die kappertjies met sout en water en marineer 2 dae in die yskas. Dreineer die water. Sit die kappertjies in ‘n bak, meng die dragon in en bedek met witwynasyn (genoeg om die kappertjies te bedek). Bedek met kleefplastiek. Sit ongeveer 5 minute in die mikrogolf teen matige hitte. Giet in ‘n gesteriliseerde houer en berg in die yskas.
Foto: Rina Kleinhans








