Ek sprinkel so ‘n ¼ koppie Kirschwasser (of kersie likeur) oor die eerste
laag koek, smeer dan die kersiestroop op (van die swart geblikte
ontpitte kersies wat ek dik gemaak het met Maizena en versoet na smaak,
laat heeltemal afkoel voor ek dit gebruik) en pak dan ‘n blikkie
kersies wat middeldeur gesny is op die laag voordat ek ‘n koppie
styfgeklitste vars room oor smeer.
Dan kom die volgende laag koek op ens.
Met ‘n blikkie kersies en ‘n koppie room tussen elke laag is dit ‘n baie duur (en ryk!) koek.
Ek bak die koek die dag voordat ek dit moet aanmekaar sit (assemble) sodat dit lekker klam is.
Hierdie koek smaak op sy beste die tweede en derde dag nadat hy gemaak is, want dan het die kersie likeur goed deurgetrek.”
ELSABIE SE OONDPAN SJOKOLADE-OLIEKOEK
(Dis ook genoeg vir 2 ronde koekpanne ook)
1½ koppies koekmeel
1½ koppies strooisuiker
½ koppie kakao
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
Meng alles in ‘n menger nadat droë bestanddele saamgesif is.
Meng die volgende in ‘n maatkoppie:
1 koppie olie
¾ kop kookwater (187 ml)
2 teelepels vanilla geursel
Meng bogenoemde goed met droë bestanddele.
4 groot eiers
1 teelepel bakpoeier
Skei die eiers en voeg die eiergele een vir een by die nat bestanddele terwyl die menger loop.
Klop die eierwitte styf, voeg die bakpoeier by en vou goed in. VOU die eierwitmengsel by die natmengsel in met ‘n houtlepel tot goed gemeng.
Skep in ‘n goedgesmeerde oondpan (of 2 koekpanne) wat met meel uitgeskud is.
Bak by 180ºC vir ongeveer 25 minute.









geskuif