

ELIZE SE GESONDHEIDSBESKUIT
6 koppies koekmeel
500 g storkbake
50 ml bakpoeier
7 ml sout
1 ½ koppies suiker
3 koppies fyngerolde Allbran flokkies
¼ koppies klapper
¼ koppie gekapte neute van jou keuse
¼ koppie gekapte pampoensade
¼ koppie sonneblom sade
600 ml karringmelk/ ek gebruik Inkomazi(full cream maas)
15 ml vanilla geursel.
Voeg al die droë bestanddele saam.
Smelt margarien en vanilla op stoof – lae hitte.
Voeg by meelmengsel en meng goed .
Druk dit eweredig nn die beskuitpan vas.
Sit bakpapier oor en rol met ‘n koekroller eweredig.
Trek papier af en druk met jou afdrukker trek hom uit.
Bak in ‘n voorbereide oond op 160 ºC vir 45 min, toets en kyk of gaar!
Droog uit.
Resep en foto: Elize Venter






