BACON, SPINASIE EN KAAS QUICHE
1 vel gekoopte deeg – puff pastry
Ontvries bietjie sit in gesmeerde oondskottel druk vas prik met vurk sit in yskas!
Kook jou spinasie gaar saam met aartappels en uie.
Vulsel
1 kop gesnyde gaar spek, braai liggies saam met groot gekapte ui, gooi ekstra spek vetjies af roer 2 eetlepels koekmeel by sit eenkant!
klits saam
4 eiers
1/2 kop room
1/2 kop melk
1 pakkie cream of chicken sop poeier
knippie sout
rasper een kop sterk cheddar kaas
en so 1 koppie gaar spinasie ( Hou halwe kop gerasperde kaas uit)
meng nou als saam dit sal slap lyk maar dit is reg!
Gooi in kors strooi die res van die kaas oor, gooi parprika liggies oor en bietjie droe pietersielie.
Bak op 170 grade C vir 45 min! bedien met slaai x
Resep en foto: Elize Venter








