ANZEL SE GROENTETERT
Ek maak sommer gou groente tert .. ek crook met puffpastry as my kors as jy tyd het kan jy jou eie deeg maak. Rol bietjie uit en sit in jou tert bak. Vat dan groente van jou keuse
Ek sny broccoli in helftes baby marrow, wortels, uie, klein tamaties net wat jy wil of sommer chunky mix gevriesde groente as jy vries gebruik gooi net bietjie meel op jou deeg anders raak dit pap. Dan meng ek ‘n pakkie cream of chicken sop (het al wit uiè of mushrom ook gebruik) met of room of koppie melk en gooi oor die groente. Rasper kàas oor en bak in die oond vir so halfuur of tot groente sag. Die sop verdik nog verder as afkoel so tert sal nie noodwendig gestol wees nie maar moet dik wees as dit afgekoel het sal dit gestol wees. Ek maak dit gereeld in die aande maklik en gou om te maak en my kids love dit.
Nog een
Baby Marrow gevulde Canelloni
1 boksie canelloni
baby marrows
uie
tamaties
Braai die baby marrows, uie en tamatie saam. Smeer jou oondvaste bak. Vul die caneloni met die babymarrow mengsel en pak in jou bak. Maak witsous en gooi oor.
Rasper kaas bo oor en bak in oond by 180 ºC vir halfuur of tot pasta sag. enjoy
Resep: Anzel Viljoen







