VET BEES RIB
Seker een van die mees onderskatte BEES SNITTE in vandag se lewe..??
Vet Bees Rib…ingele in Asyn, growwe swart peper, en Koljander..
(GEEN SOUT NIE…!!!)
Saag n vet beesrib sulke blokkies, en sny dan deur die vet elke stukkie weer met die mes in sulke blokkies net deur die vet.
Smeer nou lakker baie Swart asyn oor., en vryf dan nou met growwe Swart peper en Koljander in..en vakuumverpak en laat le vir ten minste 2 dae in die yskas..(of draai dit in n plastieksak toe)
Dan kan mens dit in die oond “grill”
OF op n lekker kameeldoring loletjie braai…
Sout word eers oorgegooi wanneer die rib half gaar is op die rooster..
So het ons ook met n vet Gemsbok se rib gedoen…
Stefaans Blaauw