Baie maklik …dis effens gerook deur slaghuis…en ek het die fillet gerol in sout, swartpeper, oreganum, en bietjie braaispeserye. Daarna net bedek met spekrepe en in oond gesit met bak net 100ml water onder gegooi om droogheid te voorkom, bedek bak met foelie en bak 1 uur teen 180grade….na 1 uur haal af die foelie …die water is dan reeds opgeneem in vleis en bak net weerskante dat spek bruin bak en krakerig is ….regtig n heerlike gereg
By dit het ek groente met kaassous, aartappeltjies en slaai gemaak
foto en resep: Magde Van der Kolff