TUNA PASTA GEREG
Ek maak myne met cheese sause en nie room nie.
250 g pasta
1 blikkie tuna met olie
3 eetlepels koekmeel
2 eetlepels botter, gesmelt
2 koppies volroom melk
knippie sout
1 koppie kaas (ek gebruik 3 verskillende soort kaase)
Kook die pasta soos per pakkie. Dreineer en meng die tuna met die olie daarin en hou warm.
Maak kaassous. Smelt botter en roer koekmeel daarin. Sit bietjie melk by en meng tot gladde mengsel.
Meng res van die melk by en knippie sout. Mikrogolf vir 4 minute en roer tussenin tot dik sous.
Sit die kaas in en meng goed. Nie nodig om weer in mikrogolf te gaan nie.
Giet die kaassous oor die pasta en meng goed. Sit oor in bak en strooi bietjie kaas oor.
Bak vir 15 minute in die oond op 200°C.
Laat staan vir paar minute en geniet.
Wat ook lekker is is om brood krummels (growwes wat jy self maak) oor te strooi.
Resep: Anette Scheepers








