TIPSY TERT
1 koppie dadels
1 koppie kookwater
1 teelepel koeksoda
2 eetlepels Stork margarien
¼ koppie fyn neute
¼ koppie suiker
1 eier
1 ¼ koppies koekmeel
½ teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
¼ koppie kersies
Room margarien en suiker tot glad en voeg eier by. Gooi koeksoda met kookwater apart in bak met dadels. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by suikermengsel. Voeg nou dadel mengsel by en meng deur.
Voeg laaste die neute en kersies by. Bak in 2 gesmeerde tertborde vir 25 minute teen 175ºC. Laat afkoel en gooi sous oor.
Sous
1 ¾ koppie suiker
¼ koppie brandewyn
1 eetlepel stork margarien
¾ koppie water
1 teelepel vanille geursel
Kook suiker en water vir 5 minute. Voeg ander bestanddele by. Laat afkoel en gooi oor tert. Versier met styfgeklopte room en kersies bo-op. Geniet.
Resep geplaas deur Jaqueline Wright (my ma se resep)
Foto: Stien Rust
Ek het dit in 2 silikoon muffin pannetjies gebak vir 20 minute op 180°C. Elf tertjies uitgekry. Het ook die sous se suiker net 1½ koppie gemaak, want ons hou nie van so erg soet nie. Het ook die warm tertjies in die potjie met warm sous geplaas, omgedraai bokant ondertoe en met ‘n tangetjie uitgehaal en toe eers laat afkoel.









geskuif