Klits eiergeel saam die suiker voeg droë bestanddele saam.
Klits tot lekker gemeng.
Klits eierwitte tot styf en vou by die koekmengsel in.
Plaas in voorbereide panne.
Bak vir plus minus 35 min by 180 ºC.
Neem 1 blik ideal melk met 1 koppie suiker en kook op die stoof, giet oor warm koek dat dit intrek.
Smelt neute sjokolade 2 x 150 g met bietjie melk en giet bo oor koek.
Dit is amazing soet en baie baie baie lekker ekke die koek gister weer gemaak.
Resep: Daniel Du Buisson
Foto: Debbie Bornman
Marie Grobler
SJOKOLADE KOEK MET STROOP
250 ml koekmeel
250 ml suiker
10 bakkpoeier
1 ml sout
125 ml olie canola
4 eiers geskei
125 ml kakao
125 ml kookwater
Sif droë bestanddele saam.
Skei eiers.
Meng olie, eiergele en kookwater.
Meng met droë bestanddele en vou eierwitte in. Skep in ‘n voorbereide glasbak, bak teen 180 ºC vir 20 -25 min.
Stroop:
¾ van 380 g ingedampte melk
125 ml suiker
Kook saam en giet oor warm koek sodra dit uit oond kom.
Laat die koek heeltemal afkoel.
Versiersel:
¼ van ingedampte melk en 2 plakke neut sjokolade in blokkies gebreek en gesmelt . Giet bo oor koek.
San-Mare Joubert Fourie
SJOKOLADEKOEK
375 ml koekmeel
125 ml kakao
1 teelepel bakpoeier
knippie Sout
4 eiers
500 ml suiker
125 ml margarien
250 ml melk
1 teelepel karamel geursel
Klits eiers en suiker tot sponserig. Voeg droë bestanddele by. Kook melk en margarien.
Voeg kookmelkmengsel by droë bestanddele. Meng deeglik. Voeg Karamel geursel by.
Skep mengsel in ‘n redelike groot pyrex bak wat gespuit is met Spray en Cook. Bak teen 180ºC vir 20 – 25 minute.
Versiersel vir sjokelade koek:
1 Blik Ideal melk
125 ml bruinsuiker
200 g neut sjokolade
Smelt 125 ml bruin suiker en ½ blik ideal melk saam. Kook stadig vir 5 min.
Giet warm oor warm koek.
Smelt die sjokolade en ander ½ blik ideal melk oor lae hitte. Giet oor koek.
Tip:
Solank die koek in die oond is begin ek met versiersel. Ek gebruik 2 klein kastrolletjies om gelyktydig die bruinsuiker en ½ blik ideal melk te smelt en kook. Die ander kastrolletjie gebruik ek vir sjokolade en ander ½ blik ideal melk te smelt.
Sodra koek uit oond kom is versiersel gereed om op koek te kom.
Ons maak dit gewoonlik in ‘n diep pyrex bak. Ons bak dit nie in ‘n gewone koekpan en keer dan die koek eers uit om af te koel nie. Ons giet dit net so op die warm koek. Oor dit in ‘n diep pyrex bak is kan die sjokolade nie af loop nie. Ons maak dit partymal in die oondpan ook.









Geskuif.