Los suiker en melasse in warm water op. Laat afkoel.
Sit die volgende 2 keer saam:
Koekmeel, kremetart, koeksoda, sout, kakoa, mielieblom.
Skei die eiers en klits die eierwitte styf.
Klits die eiergele en olie saam.
Klop die suikerwater en eiergeelmengsel by die meel en meng goed deur.
Roer 1 ½ koppies beet by.
Vou die eierwitte by.
Bak in vooraf gesmeerde pan by 180 ºC vir 30min of tot toetspen droog uitkom.
Versier koek met die volgende:
½ koppie fyn gerasperde beet, daarna deur vleismeule om nog fyner te maak. (versapper het ingegee)
125 g margarien
3 koppies versiersuiker
½ koppie kakoa
Vul met water teelepelgewys aan totdat sag nie loperig nie.
Die versiersel moet nie so styf wees dat jy vormpies kan spuit nie. Maar styf genoeg dat dit nie van die koek afloop nie.
Die ronde koekies was ‘n oondpan koek en ek het lekker gespeel.
Resep en foto: Meisie Hattingh
2de foto: Louisa Eloff Weideman










Louisa Eloff Weideman
Ek het bg resep gemaak en die gaar beet fyn gerasper. Supermoist & delicious cupcakes!